NEWS

Farmers days

Bleka Simbras het op die 16de Junie ‘n baie suksesvolle inligtingsdag aangebied.

Daar was spesifiek gefokus op die ontwikkeling van ‘n doeltreffende koeikudde. Daar was gelet op die bestuur daarvan met spesifieke verwysing na Ouderdom met Eerste Kalwing (OEK). Bleka het diere ten toon gestel wat op ‘n baie jong ouderdom gekalf het en steeds jaarliks reproduseer, asook diere wat beïndruk het met hul koei kalf doeltreffendheid – Koeigewig tot speengewig van oor die 60% is vertoon.

Daar was ook gekyk na die bydrae van die bul, hoe groot dit is en wat die bul as genetiese drywer se impak op ‘n kudde kan wees. Die versorging van ‘n teelbul is ook hanteer, asook hoe struktrureel korrekte diere behoort te lyk.

Farmers Day held at Bleka Simbras


Daar sal op 13 Julie ‘n boeredag by Fiducia gehou word (Sien program hieronder). Die Mpumalanga-klub beplan ook om op die 20-21ste  Julie ‘n boere-/opleidingsdag aan te bied. Die program vir die Fiducia-boeredag is soos volg:


Die program vir die Mpumalanga Klub-boeredag is soos volg: