NEWS

Farmer’s Day – Terugvoering van Fiducia inligtingsdag

Fiducia het ‘n uiters suksesvolle inligtingsdag aangebied wat deur 90 mense by gewoon is. Die Steenekamp familie se passie vir hul Simbra beeste was nie net aanvoelbaar nie maar aansteeklik. As pionier teler van Simbra in Suidelike Afrika is Fiducia een van die oudste Simbra kuddes in die land.

Daar was baie streng bio sekuriteit maatreëls wat gegeld het die dag en dit behoort in die tye waarin ons boer ‘n standaard praktyk te wees op alle plase – Bek-en-Klouseer behoort ‘n self regulerende siekte te wees, eerder as wat produsente verwag die staat moet alle beheer en bekamping van die siekte hanteer.

Drie aspekte van beesteling is hanteer:

  1. Optimalisering van die koei kudde met die klemop verbeterde langtermyn reproduksie deur sekere bestuursparktyke aan te pas en te verbeter. Daar is gelet op die invloed van voeding op reproduksie oor die kort- en langtermyn. Die ompak van Ouderdom met Eerste kalwing op winsgewendheid en die belangrikheid van Dae to Kalwing as maatstaf van vrugbaarheid.
  2. Die veilige beesvriendelike hantering van beeste – Dr Johan Cloete van MSD het ‘n uitstekende teoretiese lesing aangebied oor die korrekte hantering van beeste, en dit later op gevolg met ‘n praktiese demonstrasie in die krale. Met die “groenbeweging” wat al hoe harder huil oor die wreedheid as gevolg van die benutting van vleis, is dit belangrik dat diere welsyn ‘n prioriteit is op elke plaas.     
  3. Die enorme impak van die teelbul op ‘n kudde se winsgewendheid, hoe ‘n struktureel korrekte bul lyk en die waarde van die teelbul se genetiese bydrae tot die kudde se winsgewendheid is breedvoerig bespreek.

Alle besoekers was nie net hartlik ontvang nie, maar was ook getrakteer met heerlike eet- en drinkgoed wat verder gekomplimenteer was deur die wonderlikste gasvryheid, en dit was voorwaar ‘n onvergeetlike inligtingsdag.