Nampo Alfa wat fokus op jag, buitelewe leefstyl en lewende hawe was vanjaar aangebied vanaf die 17 tot 19 Oktober, en Riaan van Zyl se Rotswand kudde het die Simbras daar verteenwoordig. Tydens die paar dae was die RPO se Nasionale Konferensie ook aangebied. Die prag Simbras wat staties uit gestal was het baie aandag getrek van besoekers, maar daar was ook ‘n heerlike atmosfeer geskep met die nuwe Simbra bemarkingsmateriaal wat ten toon gestel was. Daar was ook bakkieplakkers met die nuwe Simbra logo beskikbaaar gemaak en dit was ook baie gewild gewees. ‘n Baie groot trekpleister was die twee rusbanke waar besoekers hul moeë bene ‘n blaaskans kon gee en sommer net lekker kon kuier.
